AfriForum-buurtwagte in Kalahari neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Kuruman, Kathu, Keimoes en Springbok het dié burgerregtewaghond se nasionale patrollie op 17 Mei 2019 uitgevoer. Dié patrollie is van 16:00 tot 06:00 in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), privaat buurtwagte en die polisie uitgevoer.

Altesaam 171 patrolleerders van hierdie AfriForum-buurtwagte het tydens die patrollie meer as 2 608 km in 68 voertuie afgelê. Vier voorvalle is aangemeld en suksesvol hanteer.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking tussen alle veiligheidsinstellings te verbeter en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie net op die polisie staatmaak om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Louw.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings