AfriForum-buurtwag in Witrivier beskik oor noodnommer


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Witrivier-buurtwag het op 6 Maart 2017 ’n noodnommer bekendgestel.
Dít volg nadat die gemeenskap in Witrivier ’n behoefte vir ’n kontaknommer uitgespreek het waarop hulle die plaaslike AfriForum-buurtwag kan skakel indien daar ’n noodgeval met betrekking tot misdaad of munisipale dienslewering is.
Die noodnommer – 064 681 2444 – is 24 uur per dag vir noodoproepe beskikbaar, terwyl ’n buurtwagpatrollielid ook deurentyd beskikbaar sal wees om ondersteuning te bied. Bogenoemde nommer kan ook tussen 6:00 en 21:00 geskakel word vir enige ander kwessies wat nie met misdaad  verband hou nie.

“Hierdie nommer is ook beskikbaar vir mense wat by die tak se gemeenskapsprojekte betrokke wil raak, patrollie wil ry of by AfriForum Jeug wil aansluit,” sê Paul Potgieter, sekretaris van die AfriForum-tak in Witrivier.

Soortgelyke plasings