AfriForum-buurtwag in Warmbad hou massapatrollie


AfriForum se Warmbad- en RTL-buurtwagte het op Dinsdagaand, 14 November 2017 ’n massapatrollie in dié dorp en op omliggende plase uitgevoer.
AfriForum het die patrollie van stapel gestuur om die organisasie se buurtwagte meer paraat te maak en om sigbaarheid in dié gebiede te verhoog.

“Ons het ook reaksie-optrede tydens verskeie noodsituasies geoefen, sodat buurtwagte weet hoe om in hierdie situasies te reageer,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
“Danksy goeie samewerking en paraatheid was die patrollie ’n groot sukses. Daar lê krag in ’n gemeenskap wat saamstaan,” sê Janes Boshoff, voorsitter van AfriForum se Warmbad-tak.

Raak by AfriForum se buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te maak: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings