AfriForum-buurtwag in Velddrif neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Velddrif-buurtwag het in samewerking met ander rolspelers Velddrif en die omliggende areas op 8 en 9 Maart veilig gehou as deel van AfriForum se nasionale patrollie.

Tydens dié patrollie het 21 patrolleerders in 11 voertuie altesaam meer as 455 km in 55 man-ure afgelê.

“Ons bedank elke patrollielid, die SAPD, GPF en elke ander persoon wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak om misdaad in die area te bekamp,” sê Chrisma Faulkner, voorsitter van AfriForum se Velddrif-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om by veiligheidstrukture soos plaaslike buurtwagte in hul area betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe beter kan ons misdaad bekamp en veiliger in ons dorpe leef,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

SMS “Buurtwag” na 45353 (R1) om by ’n buurtwag in te skakel.

Soortgelyke plasings