AfriForum-buurtwag in Stilfontein neem aan nasionale patrollie deel en ontvang nuwe toerusting


Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het op 6 April aan dié organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Tydens die patrollie het 38 patrolleerders in 20 voertuie altesaam 1 329 km afgelê. Geen voorvalle is aangemeld nie.
CSS-sekuriteit en die plaaslike SAPD het meegedoen aan die massapatrollie, terwyl die plaaslike GPF ook ’n gedeelte van die aand saam met die patrolleerders beweeg het en veiligheidswenke rakende huisbrake met die gemeenskap gedeel het.
Die burgerregtewaghond se Stilfontein-buurtwag het ook onlangs nuwe toerusting ontvang. Vyftien nuwe radio’s is aangekoop, asook toerusting soos magneetborde en ligte wat sigbaarheid tydens patrollies gaan verbeter. Die aankoop van hierdie toerusting is moontlik gemaak danksy die bydraes van AfriForum-lede in die gemeenskap.

“Die takbestuur wil elkeen wat deelgeneem het nie net vir hul deelname bedank nie, maar ook dat hulle hul kosbare tyd opgeoffer het om die Stilfontein-gemeenskap te beveilig,” sê Jackie Maritz, sekretaris van AfriForum se Stilfontein-buurtwag.
“AfriForum moedig die gemeenskap aan om by plaaslike veiligheidstrukture soos die Stilfontein-buurtwag betrokke te raak. Misdaad het ’n impak op almal en daarom is dit belangrik dat ons hande vat en saamwerk aan oplossings wat tot die bekamping daarvan sal lei,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraal-streek.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).
 

Soortgelyke plasings