--> -->
Spyskaart +

AfriForum-buurtwag in Kuruman neem deel aan nasionale patrollie

Junie 3, 2016 deur Annelise

Die AfriForum-buurtwag in Kuruman het die afgelope naweek aan die tweede fase van Operasie Misdaadvry deelgeneem. Dié projek behels ’n nasionale patrollie wat in samewerking met talle plaaslike sekuriteitsmaatskappye, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en gemeenskapspolisiëringsforums uitgevoer is.

Volgens Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir Kuruman, het die patrollie ten doel gehad om die gemeenskap in Kuruman van dié dorp se bestaande en doeltreffende veiligheidstrukture bewus te maak. Sowat 93 AfriForum-lede het tussen 18:00 en 6:00 aan dié patrollie deelgeneem het. Een persoon is gearresteer.

“As gemeenskappe self verantwoordelikheid met aksies soos hierdie neem, sál misdaad afneem,” het Louw afgesluit.