|

AfriForum-buurtwag in Worcester neem twee rowers in hegtenis

Die AfriForum-buurtwag in Worcester het op 21 Maart 2020 verdagtes aangekeer. Die buurtwag het om 06:00 op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat sy voor haar huis beroof is. Die buurtwaglede het ’n beskrywing van die twee verdagtes gekry en met behulp van gemeenskapslede ’n soektog van stapel gestuur. Die SAPD is ook dadelik van die voorval in kennis gestel.

Die buurtwag het die verdagtes ná ’n soektog van ongeveer ’n uur by die Brewelskloof-hospitaal opgespoor, waar een verdagte op die dak probeer skuil het. Die verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig. Die gevaarlike wapens wat aan hulle gevind is, is ook aan die SAPD oorhandig.

“Sonder die samewerking van die gemeenskap en die slagoffer sou ons nie die verdagtes in hegtenis kon neem nie. Ons is dankbaar dat ons die SAPD op dié wyse kon bystaan,” sê Hannes Dippenaar, voorsitter van AfriForum se Worcester-buurtwag.

SMS “Veilig” na 45353 (R1) om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings