AfriForum-buurtwag help met die blus van brande

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Stilfontein-buurtwag het onlangs gehelp om ’n brand te blus wat aan weerskante van die N12 na Klerksdorp ontstaan het.

Pieter du Preez, voorsitter van AfriForum se Stilfontein-buurtwag, sê dat dié buurtwag op 16 Junie 2017 net ná 21:00 oor die brand ingelig is. “Ons het onmiddellik reageer en ingespring om te help. Danie Scheepers, een van ons buurtwaglede, het sy vuurvegterwaentjie beskikbaar gestel, wat ongelooflik baie gehelp het om die brand te blus,” sê Du Preez. Hy noem verder dat ander brande wat ook gedurende verlede naweek in die gebied ontstaan het, betyds deur die buurtwag onder beheer gebring kon word.

Soortgelyke plasings