AfriForum-buurtwag in die Moot beveg misdaad in samewerking met Moot-GPF


Die plaaslike AfriForum-buurtwag en die Moot-Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Moot-area van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het op 3 Julie 2017 ’n samewerkingsooreenkoms onderteken.
Dít volg nadat ’n behoefte onder hierdie organisasies ontstaan het om misdaad saam te beveg. Die skriftelike ooreenkoms verbind die organisasies tot groter samewerking en koördinering teen misdaad in die Moot-area.

“Ek glo dat dié ooreenkoms ’n verhoogde vlak van vertroue en samewerking tussen die organisasies teweeg sal bring. Elke persoon wat by misdaadbekamping betrokke raak, is ’n aanwins, want dit is belangrik om misdaad op ’n gemeenskaplike front te beveg,” sê Gerhard Hildebrand, voorsitter van AfriForum se Moot-tak.
“Tans is ons eerste prioriteit om lede van die buurtwag toe te rus om misdaad doeltreffend te bekamp,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Moot Buurtwag” na 45341 (R1), of stuur ’n e-pos aan lambert@afriforum.co.za. Gemeenskapslede wat by Moot-GPF betrokke wil raak, kan vir Elsabe van Staden kontak by 083 675 4148 of elsabe.vs@mweb.co.za.
 

Soortgelyke plasings