AfriForum-buurtwag blus brande in Hennopsriviervallei

Die burgerregte-organisasie AfriForum se buurtwagte in die Hennopsriviervallei het onlangs gehelp om brande te blus wat in die gebied langs die vallei ontstaan het.

Die buurtwagte het ook nuwe brandbestrydingstoerusting ontvang wat dit vir die buurtwaglede moontlik gemaak het om ’n brand binne 45 minute te blus, terwyl ouer toerusting gewoonlik tot drie ure sou neem.

“Hierdie industriële blasers maak dit baie makliker omdat ’n mens tot by die brande kan kom. Watertrokke sou dit nie in die Hennopsrivier-gebied kon regkry nie,” sê Izak Pieters, AfriForum se veiligheidsvoorsitter vir die Centurion-tak.
“Dit is net nog ’n bewys van die ontsaglike waarde van buurtwagte om die plaaslike gemeenskap met ’n reeks probleme van hulp te wees,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

Soortgelyke plasings