AfriForum bring PAIA-aansoek teen DWS oor Kubaanse ingenieurs

 

AfriForum het ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), wet no. 2 van 2000, teen die Departement van Water en Sanitasie (DWS) gebring, om die kwalifikasies en wettige werkspermitte van 31 Kubaanse ingenieurs wat deur die DWS aangestel is te bekom.
Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat Nomvula Mokonyane, die minister van water en sanitasie, ’n verhoging van R11,3 miljoen aan dié Kubaanse ingenieurs betaal het te midde van gerugte dat die departement bankrot is.

“AfriForum gaan die kwalifikasies en ervaring van die Kubaanse ingenieurs vergelyk met Suid-Afrikaanse ingenieurs wat eerder gebruik kon word om dieselfde gehaltewerk teen ’n bekostigbare, markverwante vergoedingspakket kon verrig het. Suid-Afrikaners sukkel om werk te kry terwyl buitelanders ten duurste aangestel word,” sê Chris Boshoff, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake.

Die Kubaanse ingenieurs se kontrakte sou glo aan die einde van 2017 verstryk, maar is tot Junie 2018 verleng. Die geld wat op salarisse en reiskostes spandeer is, het ook met miljoene rande verhoog.
 

Soortgelyke plasings