--> -->
Spyskaart +

AfriForum boomplantmaand 2018

September 14, 2018 deur Admin

AfriForum vier boomplantmaand in September en het reeds 500 swartkarees (Searsia lancea, voorheen die Rhus-genus) aan AfriForum-takbesture geskenk.

Dié burgerregte-organisasie het oor die afgelope sewe jaar ongeveer 7 000 bome geplant en gaan in September weer landwyd bome plant.

Ons beoog om byna 3 000 bome reg oor Suid-Afrika met die hulp van ons meer as 130 takke te plant.

“Die inisiatief is deel van ’n poging om die toekoms vir nageslagte te verseker,” sê Chris Boshoff, koördineerder vir omgewingsake by AfriForum. “Deur inheemse bome te plant, is ons nie bloot besig om die omgewing te bewaar nie, maar wys ons ook dat ons hoop vir die toekoms het. Ten einde Suid-Afrika te laat floreer, moet ons almal ons deel doen en voortgaan om te bou – tot voordeel van almal in die land,” sê Boshoff.

Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), en die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca).

AfriForum bedank alle kwekerye wat korting aan AfriForum-takke gee, en spesifiek vir Wildflower Wholesale Nursery vir hul skenking van inheemse bome aan alle AfriForum-takke. Besoek gerus hul webtuiste by www.wildflowernursery.co.za.

As jy sterk voel oor die omgewing of ’n boom wil plant om iets of iemand saam met ons wil herdenk, kontak Chris Boshoff by chris.boshoff@afriforum.co.za.

Om by AfriForum aan te sluit, SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1).

As jy bome in jou dorp of omgewing wil plant, vul die vorm hier onder in:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.