AfriForum bied veiligheidsopleiding in Riversdal aan


AfriForum se Goukou-plaaswag en Riversdal-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregteorganisasie se Hessekwa-takstruktuur, het op 13 Junie 2019 opleiding in radiospraakprosedures, grondgrype en regsaspekte van toepassing op patrollies ontvang.

David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het die opleidingsessie gratis aangebied en sowat 80 lede van die gemeenskap, wat lede van die Riversdal-gemeenskapspolisiëringsforum insluit, het dit bygewoon.

“Opleiding speel ’n belangrike rol om gemeenskappe weerbaar te maak. Almal strewe saam na ’n veilige omgewing in samewerking met die polisie en binne die raamwerk van die wet,” sê Johan Crous, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings