AfriForum beveg Malema-haatspraak

AfriForum het ’n hersieningsaansoek by die Suid-Gautengse hoë hof ingedien teen die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding dat Julius Malema, leier van die EFF, se uitsprake teen wit mense nie haatspraak is nie. Dit is vir ons uiters kommerwekkend dat die MRK in wese blatante haatspraak en die aanhitsing van geweld teen ’n minderheidsgroep met hierdie uitsprake regverdig. Verder het die MRK ook bevind dat Malema nie skuldig is aan haatspraak nie op verskeie klagtes wat tussen 2016 en 2018 teen hom ingedien is.

MRK-uitspraak 

Malema se uitsprake:

  • 2016: “We are not calling for the slaughter of white people‚ at least for now”. MRK: “As gevolg van die konteks van die uitspraak, is dit nie kwetsend teenoor wit mense nie.”
  • 2017: EFF sing “Kiss the Boer”. MRK: “Dit het nie ’n sielkundige impak op wit Afrikaners nie.”
  • 2017: Kwetsende uitsprake teen Indiërs. MRK: “Dit is nie skadelik teenoor Indiërs nie.”
  • 2018: Malema sing “Kiss the Boer”. MRK: “Dit is nie haatspraak nie.”
  • 2018: Malema sê “The majority of Indians hate Africans. The majority of Indians are racist. I’m not saying all but the majority.” MRK: “Dit is nie haatspraak nie.”

AfriForum kan nie toelaat dat individue met politieke mag, soos Malema, wegkom met rassistiese uitlatings nie. Ondersteun AfriForum in hierdie stryd deur jou naam by ons klag te voeg:

Soortgelyke plasings