|

AfriForum beskou “ou vlag”-uitspraak as terugslag vir spraakvryheid

AfriForum beskou die uitspraak wat vandag in die Johannesburgse hooggeregshof met betrekking tot die sogenaamde ou Suid-Afrikaanse vlag gelewer is, as ’n terugslag vir vryheid van spraak, hoewel dit nie die organisasie se aktiwiteite of standpunte direk sal raak nie. Die hof het vandag beslis dat die ongevraagde (gratuitous) vertoon van die vlag haatspraak is, op versoek van die Nelson Mandela-stigting (NMS). AfriForum het hierdie standpunt ingeneem ondanks die feit dat AfriForum nie self die vlag vertoon nie en mense ontmoedig om dit te doen.

Ernst Roets, hoof van beleid en strukture by AfriForum, sê daar moet duidelikheid wees oor die lyn tussen vryheid van spraak en haatspraak. “Ons kommer met hierdie saak was van meet af dat ’n uitspraak in die NMS se guns nie die doel sal dien wat hulle beoog nie, aangesien staatsregulering met betrekking tot vryheid van spraak meestal tot groter probleme lei.”

Roets voeg by dat AfriForum steeds oop is vir gesprekvoering oor nasionale kwessies en dat die uitspraak bestudeer sal word voordat daar oor verdere aksie besluit word.

Soortgelyke plasings