AfriForum beplan aksie teen Magashule se insinuasie dat xenofobiese geweld teen wit mense gedraai moet word

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die uitlatings van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, veroordeel nadat hy gister by die Tshwane Universiteit van Tegnologie onder meer geïnsinueer het dat xenofobiese geweld teen wit mense gedraai moet word. AfriForum is tans besig om met sy regspan en ander kenners te konsulteer rakende stappe teen Magashule.

Magashule het onder meer die volgende gesê:

“You are South Africans but remember, you are Africans, living in a continent called Africa. Never despise people who have the same skin colour [as] us. There are many others with a whitish colour. You don’t know them. They are there. You see them all the time but you can’t say this one [is] ke le kwerekwere. They have never been attacked because they are also so-called foreigners but because their colour is white.”

“Magashule se uitlatings is ’n rassistiese aanval op ’n kwesbare minderheid in Suid-Afrika. Gegewe sy hoë posisie as sekretaris-generaal van die regerende ANC en die gebrek aan kommentaar van pres. Cyril Ramaphosa, kan Magashule se uitlatings geïnterpreteer word as die ANC se amptelike standpunt oor die xenofobiese geweldskrisis in die land. In plaas daarvan om stappe te doen om die geweld te probeer oplos, is Magashule se boodskap bloot dat die teiken van die geweld moet verander,” sê Monique Taute, AfriForum se veldtogtehoof.

AfriForum sal voortgaan met internasionale bewusmaking oor die onderdrukking van minderhede se regte in Suid-Afrika.

Soortgelyke plasings