AfriForum behaal groot sukses in Vaaldriehoek

 

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 3 Mei 2019 bevestiging ontvang dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit weer vragmotors vir vullisverwydering beskikbaar gestel het.

Dít volg nadat die Vanderbijlpark-tak op 25 April 2019 ’n skrywe aan dié munisipaliteit gerig en hul op terme geplaas het weens die swak vullisverwydering in die Emfuleni-gebied. Luidens dié skrywe het vullisverwydering maande laas plaasgevind.

“Hierdie is vir die plaaslike AfriForum-takke ’n groot sukses aangesien die munisipaliteit vir ’n lang tydperk geen dienste in die Emfuleni-gebied gelewer het nie. Hierdie oorwinning dra groot gewig vir AfriForum en is ’n stap in die regte rigting,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Vaaldriehoek.

Altesaam 25 vragmotors is beskikbaar gestel om die normale vullisverwyderingskedule in die komende week te hervat. Volgens die munisipaliteit was daar ’n bottelnek by die logistieke afdeling en sal dit binnekort reggestel word.
Volgens Ungerer was gemeenskapslede baie dankbaar en verlig dat die munisipale vullisverwyderingsdiens uiteindelik hervat is.
Gemeenskapslede word aangemoedig om by hierdie tak aan te sluit: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of ’n SMS na 072 908 1345.
Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings