|

AfriForum 911 bied nou gratis selfoonpaniekknoppie vir lede

Gemeenskappe het nou nóg ’n manier om hul veiligheid in hul eie hande te neem.

Die burgerregte-waghond AfriForum se bestaande 911-nooddienste, wat hulle reeds etlike jare gratis aan AfriForum-lede bied, het nou uitgebrei om ook ʼn gratis selfoonpaniekknoppie in te sluit.

Waar lede tot dusver telefonies hulp tydens noodgevalle by AfriForum 911 moes vra, kan hulp nou ook vinniger ontbied word, bloot deur die druk van ʼn knoppie op die AfriForum 911 TrackBox-noodgevaltoep.

Ondanks die groter blootstelling wat veiligheid, en veral plaasmoorde, die afgelope paar jaar gekry het, het die omvang van die krisis sedert Januarie 2018 vererger.

Omdat AfriForum mense se veiligheid, in veral landelike gebiede, prioritiseer, het hulle besluit om dié noodknoppie en nooddiens in samewerking met ‘n maatskappy met ‘n beproefde baanrekord, naamlik TrackBox, te bied.

Deur middel van die AfriForum 911 TrackBox-toep kan diensverskaffers jou inligting vinnig bekom sodat die toepaslike sorg aan jou of jou gesin voorsien kan word.

TrackBox se eenvoudige koppelvlak laat jou ook toe om verdagte aktiwiteite aan te meld, asook om GPS-ondersteunde waarskuwings toe te voeg – dit maak dus nie saak waar jy is nie, jy kan opgespoor en gehelp word.

TrackBox se bestaande nooddiensvennote sluit in die SAPD, die Valke, K9-eenheid, 10111-sentrums, Netcare 911, ER24, die brand- en reddingsdepartement, gevorderde lewensondersteuning, die Ethekweni Munisipaliteit en die Stad Kaapstad.

Benewens hierdie gratis voordele wat AfriForum 911 en TrackBox aan AfriForum-lede bied, kan lede wat vrywillig (teen ʼn tarief van R15 per maand) van die ander bykomende dienste wat TrackBox bied, gebruik wil maak, ook by TrackBox self registreer.

Vir meer inligting besoek www.afriforum911.co.za

Soortgelyke plasings