|

Affies maak skoonskip by Dink of Sink-skoledebat 2019

Na vier streeksuitdunne het die Afrikaanse Hoër Seunskool (AHS) en Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP) koning gekraai by vanjaar se Dink of Sink-skoledebatskompetisie. Die manne van AHS het as die seniorwenners weggestap, terwyl die dames van AHMP as die juniorwenners bekroon is.

AfriForum en verskeie media-vennote insluitend Beeld, Volksblad, Die Burger en Groot Ontbyt, het vanjaar dié debatvoering vir skole in Gauteng, Limpopo, die Vrystaat, Wes-Kaap én Namibië aangebied.

Soortgelyke plasings