Header Artwork

Internasionale skakeling, taal en kultuur

Internasionale Skakeling, Taal, Kultuur en Navorsing is verantwoordelik vir nasionale strategieontwikkeling, projekte met betrekking tot internasionale skakeling, terreine wat met taal en kultuur verband hou, asook AfriForum se navorsingsprojekte.

Dink of Sink

Dink of Sink is ’n onvoorbereide debatskompetisie wat reeds jare lank in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap aangebied word. Dié kompetisie is ’n groot treffer onder veral hoërskoolleerlinge.

AfriForum bied Dink of Sink aan omdat ons Afrikaans só bevorder en uitbou. Boonop rus ons die jeug met waardevolle vaardighede toe, soos om op jou voete te kan dink, standpunt in te neem en om jou opponent met feite en algemene kennis te oortuig. 

Kompetisiedatums vir 2019:

Die suidstreek:

Die suidstreek behels die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, en uitdunne vir dié streek vind op 26 Julie 2019 by Hoërskool D.F. Malan in Bellville, Kaapstad plaas. Ons mediavennoot in die suidstreek is Die Burger.

Die sentraalstreek:

Die sentraalstreek behels die Vrystaat, die Noord- en die Noordoos-Kaap, en uitdunne vind op 1 Augustus 2019 by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein plaas. Ons mediavennoot in die sentraalstreek is Volksblad 

Die noordstreek: 
Die noordstreek behels die Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, en uitdunne vind op 12 Julie 2019 by die Hoërskool Montana in Montana, Pretoria plaas. 

Die Verre Noord-streek:
Die Verre Noord-streek behels Limpopo en uitdunne het reeds op 12 Julie 2019 by die Hoërskool Merensky in Tzaneen plaasgevind.

Die nasionale finaal vind plaas op 5 Oktober 2019 in Pretoria.

  • Kontak Gert Visser by gvisser@dfmalan.co.za vir ’n inskywingsvorm vir die suidstreek.
  • Kontak Erika Steyn by erika@oranjemeisies.co.za vir ’n inskrywingsvorm vir die sentrale streek.
  • Kontak Carien Bloem by carien.bloem@afriforum.co.za vir inskrywings vir die noordstreek by die Hoërskool Montana

Pryse:

  • Wenners ontvang elkeen ’n geraamde sertifikaat en trofee, asook ’n R500-geskenkbewys.
  • By die nasionale finaal ontvang wenners elkeen ’n R1 000-geskenkbewys.
  • Wenskole ontvang ook elkeen ’n studiebeurs van Akademia, die Solidariteit Beweging se tersiêre instansie, vir ’n leerder van hul keuse.

Kontak Carien Bloem by carien.bloem@afriforum.co.za met enige navrae of om inskrywingsvorms vir die betrokke uitdunne te kry.

Kyk gerus na die skakels van 2018 se nasionale finaal:

Vorige jare se uitdunne kan ook op YouTube gekyk word: Soek onder “Dink of Sink”.

Klik hier vir:

Dink of Sink word met trots aangebied in samewerking met:

  • Beeld
  • Die Burger
  • Volksblad
  • Hoërskool D.F. Malan
  • Hoër Meisieskool Oranje
  • Hoërskool Montana
  • Hoërskool Merensky
  • Die GROOT Ontbyt

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN