55 gemeenskapslede ontvang basiese noodhulpopleiding


AfriForum se Paulpietersburg-tak het oor die afgelope twee maande basiese noodhulpopleiding in die omgewing aangebied, en 55 gemeenskapslede het hierdie kursus voltooi. Die opleiding vorm deel van ’n opleidingsprogram wat deur AfriForum se veiligheidstrukture van stapel gestuur is om hul veiligheidsnetwerk verder te ontwikkel en versterk.

“Ná ’n onlangse plaasroof in ons omgewing het ons weereens besef hoe belangrik basiese noodhulp is,” sê Martin Dedekind, voorsitter vir veiligheid van AfriForum se Paulpietersburg-tak.

AfriForum bied verskeie kursusse aan om gemeenskappe te bemagtig en beplan verdere basiese opleiding in regsaspekte vir later vanjaar.

“Dit is belangrik dat gemeenskappe hulself met die basiese opleiding bemagtig om mekaar in tye van nood by te staan. Ons nooi die gemeenskap uit om meer by hierdie opleidingsessies betrokke te raak,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS “Paulpiet” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings