109 plaasaanvalle in minder as 100 dae van 2018

 

AfriForum het vandag aangekondig dat daar vanjaar reeds sowat 109 plaasaanvalle en sowat 15 plaasmoorde in Suid-Afrika voorgekom het.

“Ons landelike gebiede is in ’n misdaadoorlog vasgevang,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid. “Hoewel die Suid-Afrikaanse regering die afgelope week ontken het dat ’n geweldskrisis die landelike gebiede in die gesig staar, bewys die getalle juis dat geweld in hierdie areas buitensporig erg is.”

Cameron voeg by dat marteling met strykysters, blaasvlamme, gesmelte plastiek en kookwater dikwels vir ure tydens aanvalle voortduur. Hy sê ook dat daar ’n beduidende toename in hierdie tipe aanvalle in die Wes- en Noord-Kaap is.

“Die regering kan nie met feite stry nie – ons mense word afgemaai,” sê Cameron.

Soortgelyke plasings