AfriForum het een dosyn nasionale en internasionale projekte teen plaasmoorde aangekondig.
Indien hierdie projekte suksesvol is, sal die regering geen ander keuse hê as om aan AfriForum se eise te voldoen nie. AfriForum eis dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar word en dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid geskep word. Hierdie projekte sal egter slegs suksesvol voltooi kan word indien die publiek in groot getalle daarby betrokke raak.
Een Dosyn Projekte teen Plaasmoorde
- Loods bewusmakingsveldtogte op plaaslike en internasionale vlak.
- Betrek meningvormers om ʼn standpunt teen plaasmoorde in te neem.
- Stel navorsingsverslag oor plaasmoorde bekend.
- Werf steun by ander organisasies.
- Ondersoek ʼn regstrategie.
- Tree teen haatspraak op.
- Berei vir ʼn internasionale veldtog voor.
- Hou nasionale dag van protes.
- Hou vergaderings met die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris.
- Organiseer plaaslike betogings teen plaasmoorde.
- Steun plaaslike gemeenskapsveiligheidsnetwerke.
- Bied bystand aan slagoffers
Laai af: Die volledige plan vir die veldtog
Registreer nou vir ʼn nasionale dag van protes
teen plaasmoorde
AfriForum beplan om Saterdag 1 Desember 2012 ʼn nasionale dag van protes teen plaasmoorde te verklaar. 1 Desember is ook die dag waarop Attie (40), Wilna (36) en hul babadogter, Willemien (3) Potgieter in 2010 op hul plaas by Lindley in die Vrystaat vermoor is. Die dag sal in besonder aan hulle, maar ook aan alle ander slagoffers van plaasmoorde opgedra word.
Die dag van protes sal die volgende behels:
- Dorpe, stede en landelike gemeenskappe regoor Suid-Afrika sal op daardie dag protesbriewe by hul plaaslike polisiestasies indien.
- Die protesbrief sal van die polisie eis om hul stilswye oor plaasmoorde te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar, amptelike statistieke daaroor uit te reik en spesialiseenhede vir landelike veiligheid in te stel.
- Terselfdertyd sal daar ʼn protesoptog na die kantoor van die Minister van Polisie in Pretoria plaasvind.
- ‘n Soortgelyke optog sal ook in Bloemfontein gehou word.
- Ons beoog om meer as 100 protesbriewe aan polisiestasies regoor Suid-Afrika te oorhandig.
- Op die dag sal ‘n memorandum, waarin die realiteit van plaasmoorde in Suid-Afrika toegelig word tydens ‘n Forum vir Minderheidsaangeleenthede by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in Switserland voorgelees word.
- Die internasionale media sal in besonder by hierdie geleentheid betrek word.
Om hierdie aksie te laat slaag, is dit egter noodsaaklik dat jy jouself beskikbaar stel om dit in jou gemeenskap te organiseer.
Vul die onderstaande vorm in om jou betrokkenheid te registreer:
cforms contact form by delicious:days
Indien jy hierdie vorm invul, sal AfriForum jou kontak met meer besonderhede oor die geleentheid en om jou te help om hierdie projek in jou gemeenskap uit te voer. Hierdie geleentheid sal teen die einde van Oktober 2012 in die media aangekondig word.













