Om die petisie te teken, klik hier.
Die impak van die Groenskrif oor Grondhervorming op Burgerregte
In eenvoudige terme beteken die Groenskrif oor grondhervorming dat die regering jou reg om grond te kan koop en dit te verkoop wil nasionaliseer. Die Groenskrif voorsien om dit op die volgende manier te doen:
1) Drastiese inperking van grondeienaars se regte
2) Direkte inmenging is die bestuur van jou grond
3) Die afskaffing van onafhanklike waardasies van jou grond.
Die magte wat die staat deur hierdie wetgewing aan homself toe eien sluit in:
- Die reg om jou titel akte te kanselleer.
- Jou grond te kan konfiskeer as hulle sou ag dat dit wederregtelik bekom is
- Vervolging teen jou in te stel volgens hul eie diskresie
- Die mag om amnestie te verleen volgens hul eie diskresie.
Wat die Groenskrif so gevaarlik maak is juis dat dit nie op eenslag grondeienaars beroof van hul grond nie. Die ANC beperk eers jou grond regte, en neem dan besit van jou eiendom. Dit is stadiger en dit is slimmer as die Zimbabwe grondgrype maar sal net so ingrypend wees.
Hierdie wetgewing word nie alleen beperk is tot landbougrond of slegs boere nie. Elke Suid Afrikaner se regte word hierdeur geraak.
“It is difficult to view the Green Paper as anything less than a document of racial mobilisation against white farmers”. Dave Steward, FW De Klerk Stigting
Wat jy kan doen om die Groenskrif te stop:
AfriForum is deel van 21 Organisasies wat hulself beywer vir die Beskerming van Grondregte. Ten einde die ANC van plan te laat verander moet elke Suid Afrikaner ingelig wees oor die impak van hierdie wetgewing. Elkeen wat teen die nasionalisering van sy grondregte is behoort sy stem te laat hoor en kan dit op die volgende maniere doen:
- Sluit aan by jou naaste AfriForumtak
- Teken die aanlyn petisie www.stopdiegroenskrif.co.za
- Ondersteun AfriForum se regsaksies wat geloods gaan word om hierdie wet te stop.
- Organisasies kan inskakel by die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte. Om deel te word kan hulle bloot ʼn epos eiendomsregte@afriforum.co.za stuur.
- Stuur hierdie video na almal wat jy ken.
Dokumente:
Die voorgestelde wetgewing is in 2011 deur die Departement van Grondhervorming uitgereik en beskryf hoekom die regering grondbesit gaan verander in Suid-Afrika.
Die bloudruk was deur 21 burgerlike organisasies saamgestel en aanvaar. Dit is saamgestel as ʼn alternatiewe beleid tot die groenskrif oor grondhervorming.
Hierdie dokument beskryf AfriForum se formele standpunt oor die groenskrif oor grondhervorming.
Analises van die groenskrif se impak kan hier gevind word:
Hierdie voorlegging bespreek die verband tussen die nasionale demokratiese rewolusie end die groenskrif oor grondhervorming.
Dr Anthea Jeffery, Instituut vir Rasseverhoudinge
Hierdie dokument beskryf wat die impak van die groenskrif op kommersiële landbou sou wees.
Mnr Bennie van Zyl, Transvaal Landbou-unie
Hierdie voorlegging oorweeg of die groenskrif oor grondhervorming in ooreenstemming is met die 1994 skikkingsooreenkoms en die Konstitusie van Suid-Afrika.













