Die Voortrekkermonument het ons bystand nodig:
- Die Staat het die Monument se jaarlikse subsidie met R900 000 gesny.
- Daar is nou ʼn bedryfstekort van 8%.
- Die balans van die subsidie is steeds nie ontvang nie.
- Die gevaar bestaan dat die subsidie in 2012 verder gesny sal word.
- Die Voortrekkermonument en sy personeel se toekoms is onseker.
Jy kan help!
- Skenk R10-00 – SMS die woord RED na 38655.
- Teken die Red ons Monument-petisie hier onder.
- Laai ʼn petisievorm hier af, sirkuleer onder jou vriende en stuur terug aan
Hiermee versoek ek dat die staat om:
- die volle bedrag wat in 2010 bespreek is, aan die Voortrekkermonument oor te betaal;
- alle uitstaande bedrae so gou as moontlik uit te betaal; en
- om nie die Voortrekkermonument se jaarlikse subsidie in die toekoms hoegenaamd te sny nie.
cforms contact form by delicious:days
Vir meer inligting oor die Voortrekkermonument,besoek www.voortrekkermon.org.za of skakel 012-326-6770 en vra vir die bemarkingshoof.
Onthou, erfenisbewaring is elkeen se verantwoordelikheid –
Moenie uitstel nie, wat vandag verlore gaan,
kan nie môre gered word nie!












