,

Red Afrikaanse Skole

AfriForum se veldtog teen die regering se aanval op Afrikaans in skole

Ondersteun asseblief AfriForum se Red Afrikaanse Skole-veldtog teen die regering se hernieude pogings om Afrikaans as onderrigmedium uit skole te verdring.

Lees meer oor die petisie hieronder of neem nou deel.

  1. (verplig)
  2. (geldige adres)
  3. (verplig)
 

cforms contact form by delicious:days

Die Red Afrikaanse Skole-veldtog is geloods nadat al drie die skole in Fochville wat nog Afrikaanse onderrig bied, deur die Gautengse departement van Basiese Onderwys ingelig is dat die departement hulle sal dwing om met die aanvang van die 2012-skooljaar, groepe Engelssprekende leerlinge te akkommodeer.  Twee van die skole is reeds 100% vol, maar die departement steur hulle nie daaraan nie en is ook nie bereid om te oorweeg om die Engelse leerlinge in net een van die drie skole te akkommodeer of verder met die betrokkenes oor die akkommodasie van die leerlinge te onderhandel nie.

Dit is onaanvaarbaar dat skole op die wyse gedwing word om te verengels.  Telkens word leerlinge wat in Engels onderrig wil word om politieke redes in ʼn Afrikaansmediumskool ingedwing en moet die skool op eie koste na ‘n parallelmediumskool omskakel.  Op die langduur word dit dan ‘n Engelsmediumskool en is daar al minder skole waar Afrikaanssprekende leerders op hulle internasionaal erkende reg van moedertaalonderrig binne ʼn Afrikaanse kulturele omgewing kan aanspraak maak.

AfriForum se standpunt dat die onderwysowerhede spesifiek Afrikaanse skole teiken, word gestaaf deur die feit dat daar landswyd nie ʼn enkele voorbeeld is van waar die minister of onderwysowerhede ingegryp het om ʼn enkelmedium Engelse sekondêre skool se taalbeleid te verander of  te dwing om anderstalige leerlinge daar te akkommodeer nie.  AfriForum en ouers van Fochville het die grootste simpatie met die massas kinders in hierdie land wat nie toegang tot goeie onderwys het nie, maar die argument van toegang word telkens egter bloot as handige verskoning misbruik om Afrikaanse skole se taalbeleid te ondergrawe.  Die raskaart word dan ook deur die regering bygesleep, hoewel Afrikaansmediumskole baie beslis nie net wit leerders akkommodeer nie.  ʼn Kunsmatige behoefte aan Engelse onderrig word deur die regering geskep om ʼn anti-Afrikaanse agenda te bevorder.

AfriForum sal die skole van Fochville van regsadvies bedien en het reeds R50 000 vir regsaksie in die verband geskenk.  Omdat die optrede nie met erkende internasionale minderheidsregte strook nie, is die veldtog ook geïnternasionaliseer.  Steun vir Afrikaanse onderrig is reeds vanuit Nederland en België belowe.

U as lede van die publiek en/of ouers van Afrikaanssprekende leerders word aangemoedig om sterk standpunt teen hierdie magsmisbruik van die onderwysdepartement in te neem.  Ondersteun AfriForum se Red Afrikaanse Skole-veldtog deur:

  • R10-00 vir regsaksie teen die departement se magsmisbruik te skenk deur die woord SKOOL te SMS na 38655;
  • Deel te neem aan die beheerliggaamverkiesings wat in Maart 2012 by skole ʼn aanvang neem – hetsy deur te stem of ook uself verkiesbaar te stel;
  • U kinders in Afrikaanse kleuter-, laer- en hoërskole te plaas;
  • Organisasies soos FEDSAS (vir beheerliggame – www.fedsas.org.za) en die SAOU (vir onderwysers – www.saou.co.za) te ondersteun;
  • Die petisie ten gunste van Afrikaanse onderrig te onderteken OF die petisie hier af te laai, te sirkuleer vir ondertekening en dit terug te stuur aan AfriForum by afriforum@afriforum.co.za of 012-6641281.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit