Die regering beplan ‘n nuwe 2-miljard randse dorp by president Jacob Zuma se tuisdorp, Nkandla in KZN. Belastingbetalers sal R1 miljard daarvan moet opdok. Die Umlalazi-Nkandla Smart Growth Centre is die eerste dorp wat in demokratiese-Suid-Afrika gebou sal word en sal onder meer sowat 10-duisend middelklas huise, ‘n biblioteek, ‘n teater, ontspanningsgeriewe en ’n skool met koshuise kan akkommodeer. AfriForum versoek dat die Openbare Beskermer, Adv. Thuli Madonsela hierdie ontwikkeling ondersoek. Esmarie Prinsloo gesels met AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets…

'n Argiteksvoorstelling van "Zumaville" - Mail & Guardian
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 6:27 — 5.9MB)













