Die Tshwane Metroraad wend hernieude pogings aan om Pretoria se naam te verander. AfriForum het al-sewe openbare vergaderings regoor die stad die afgelope naweek bygewoon. Die organisasie se standpunte is ook in geskrewe formaat na die Tshwane Metroraad se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa én aan die Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile gestuur. Wat gaan AfriForum doen om die hoofstad se naam te red? Esmarie Prinsloo gesels met Ernst Roets hieroor…
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 6:10 — 5.6MB)














