Omgewingsake – AfriForum begin aanlyn-petisie teen beoogde deproklamasie van Onderstepoort-natuurreservaat

Onderstebo – natuurreservaat

AfriForum se omgewingsafdeling het in September ʼn aanlyn-petisie van stapel gestuur teen die deproklamasie van die Onderstepoort-natuurreservaat, nadat dit onlangs uitgevind het dat die Brian Falconer-eiendomsgroep ʼn aansoek ingedien het om dié reservaat te deproklameer ten einde ʼn residensiële ontwikkeling daar te doen.  Dit sal om verskeie redes oneties wees om met die aansoek voort te gaan. Natuurreservate se hoofdoel is bewaring.  Een deproklamasie kan ʼn gevaarlike presedent skep wat tot vele soortgelyke aksies lei en AfriForum sal nie die wanbestuur van ons natuurlike erfenisse duld nie.

AfriForum dring daarop aan dat volledige spesialisstudies, asook ʼn geloofwaardige omgewingsimpakstudie met publieke deelname eers uitgevoer en goedgekeur moet word voordat ʼn aansoek om deproklamasie weer gedoen word.

Die petisie is by www.groenforum.co.za beskikbaar.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit