
Adjudant-Offisier Jannie Odendaal

Konstabel Abel Twala
Die saak teen Adjudant-Offisier Jannie Odendaal en Konstabel Abel Twala is in die Johannesburgse Landdroshof teruggetrek. Hulle is van intimidasie, aanranding en die rig van ‘n vuurwapen aangekla, nadat hulle die ANC-swaargewig, Winnie Madikizela-Mandela se voertuig in Desember 2010 op die M1 Noord in Johannesburg afgetrek het. Die hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, Nantes Kelder gee besonderhede oor vandag se hofverrigtinge…
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 5:06 — 4.7MB)













