
- Verstrengelde diere vrek in strikke in die Buffelsdrift-bewarea
Die gemeenskap van die Buffelsdrift-bewarea, noord van Pretoria, het ʼn projek aangepak om wildstropery hok te slaan. Die gemeenskap het die gebied strategies begin patrolleer en het op verskeie strikke, sommige met die dooie diere nog daarin vasgevang, afgekom. Dicks Dietrichsen van AfriForum Kameeldrift-Oos gesels met Julius Kleynhans, AfriForum se Hoof van Omgewingsake oor die omvang van die situasie en gee wenke vir die publiek om hul omgewings van strikke en ander lokvalle vir diere te bevry.
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 10:11 — 9.3MB)













