
- Kunstenaars soos Chris Chameleon, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en Pieter Koen het hulle steun vir AfriForum se veldtog verklaar
AfriForum het Dinsdagaand, 28 Augustus by ‘n glansgeleentheid sy Stop die Moorde-veldtog aangekondig, wat daarop gemik is om die publiek by die stryd teen plaasmoorde te betrek. Vierhonderd uitgenooide gaste het die geleentheid bygewoon waar die filmvervaardiger, Rian van der Walt se dokumentêr oor plaasmoorde, War of the Flea, gewys is. Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Chris Chameleon, Gerrie Pretorius, Karlien van Jaarsveld, Pieter Koen en MWAH! het hulle steun vir die veldtog verklaar. Luister hier na wat hulle te sê het oor plaasmoorde en waarom hulle by die veldtog betrokke wil wees…
Podcast: Speel in nuwe venster | Laai af (Tydsduur: 5:33 — 5.1MB)













