2010 07 27 – AfriForum, VF+ is nié in ’n stryd – Beeld
Brief, Kallie Kriel, Uitvoerende Hoof van AfriForum:
Verskeie briewe wat Saterdag 24 Julie in Beeld verskyn het, wek verkeerdelik die indruk dat AfriForum en die VF+ in ’n “woordestryd” gewikkel is.
AfriForum het in geen stadium aan hierdie “woordestryd” deelgeneem nie.
Johan Venter, wie se brief tot hierdie onsmaaklike situasie ingelei het, is op geen wyse aan AfriForum verbonde nie.
AfriForum se beleid om buite die partypolitiek te staan, beteken ook dat AfriForum hom nie by gevegte met enige opposisieparty gaan laat insleep nie.
AfriForum kan nie briewe verhinder wat gevegte stook nie, maar ons kan daarop aandring dat sodanige gevegte nie in AfriForum se naam gevoer word nie.









