Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2010 07 26 – Nuwe poging deur Zimbabwe om veiling van eiendomme te stop

    clip_image002

    Die regering van Zimbabwe het hernude pogings aangewend om die veiling van eiendomme wat aan Zimbabwe, geskeduleer vir 27 Julie en 10 Augustus 2010, te keer. Hierdie slag het Zimbabwe egter die Suid-Gautengse Hooggeregshof genader.

     

    Dit volg nadat Zimbabwe ʼn vroeëre, skynbaar vrugtelose, aansoek by die Noord-Gauteng Hooggeregshof ingedien het teen drie boere wat deur AfriForum ondersteun word: Louis Fick, Richard Etheredge en Michael Campbell.

    Ten spyte van wye mediadekking sedert 15 Mei 2010 oor die veilings wat gereël word deur Duitse bankgroep KFW Bank Gruppe, het die Zimbabwiese regering se regsverteenwoordigers gedink dit is gepas om ʼn dringende aansoek teen die boere in te dien. Die aansoek sal op 3 Augustus 2010 aangehoor word.

    “Dit wil voorkom asof die Zimbabwiese regering deur middel van ons opponerende dokumente, wat op 20 Julie 2010 ingedien is, uitgevind het dat die veilings eintlik deur iemand anders gereël word. Die feit dat die Zimbabwiese regering die saak wat in Februarie teen hulle ingestel is, geïgnoreer het, het nou selfs groter probleme vir die regime geskep,” sê Willie Spies, AfriForum se regswoordvoerder. “Hulle minagting van die regsproses haal hulle nou skynbaar in.”

    Die nuwe dringende aansoek, wat inderhaas oor die naweek ingedien is, sal na verwagting vandag (Maandag, 26 Julie om 14:00 in die Suid-Gautengse Hooggeregshof) aangehoor word.

    AfriForum en die boere verkies dat die saak hanteer word saam met die boere se aansoek om sekuriteit vir kostes, wat vir 3 Augustus 2010 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof geskeduleer is. AfriForum en die boere sal egter nie die aansoek formeel teenstaan nie.