Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2010 07 23 – Mynbedrywighede moet volhoubaar wees

    clip_image002

    AfriForum sê onverantwoordelike mynbedrywighede en ʼn gebrek aan skakeling tussen die departemente van Minerale- en Energiesake, Omgewingsake en Waterwese is besig om ʼn nasionale krisis te veroorsaak. Dit volg na ʼn voorlegging deur me Mariette Liefferink van die Federasie vir `n volhoubare omgewing aan die parlement se portefeuljekomitee van Waterwese, waarin sy aangevoer het dat miljoene liter suur mynwater onder Johannesburg tans besig is om na die oppervlak te styg.

    Volgens AfriForum se woordvoerder oor omgewingsake, James Kemp, is dit tyd dat oplossings gevind word om te verseker dat mynbedrywighede op so ʼn wyse geskied dat dit volhoubaar vir die omgewing en die gemeenskappe is.

    Kemp sê daar is verskeie ander voorbeelde van onverantwoordelike mynbedrywighede, soos die onlangse goedkeuring van ʼn oopgroef- en ondergrondse steenkoolmyn naby die Mapangubwe erfenisgebied. Ook is daar die voorbeeld van ʼn boer van Mpumalanga wat die departement van Waterwese en die Vuna-myn voor die watertribunaal gedaag het omdat hy beweer dat die myn se waterlisensie onwettig uitgereik is.

    Verder is grondeienaars in die Molteno/Burgerdorp en Elliot gebiede in kennis gestel dat ‘n Indiese mynmaatskappy daar vir steenkool gaan prospekteer. Georganiseerde landbou het hulle kommer uitgespreek oor die invloed wat dit op landbouproduksie en grondwaardes sal hê.

    AfriForum is ook tans in gesprek met belanghebbendes in die Nylsvlei-gebied oor hulle kommer oor ʼn beplande steenkoolmyn daar.

    “Ons verwelkom die werkskepping en ekonomiese geleenthede wat dikwels met mynboubedrywighede gepaard gaan. Dit is egter belangrik dat mynbou tot die omgewing en gemeenskappe bydra en nie afbreuk doen nie,” het Kemp bygevoeg.