Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2010 07 23 – AfriForum berei voor vir regsproses teen Eskom

    clip_image002

    AfriForum het toegetree tot die stryd om die Mafube-munisipaliteit se elektrisiteit aan te hou. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum-woordvoerder oor plaaslike regering, sal AfriForum namens die gemeenskap van Frankfort optree. AfriForum het gister ʼn skrywe aan Eskom gerig waarin hulle versoek word om die versekering te gee dat hulle nie die kragtoevoer na die Mafube-munisipaliteit sal staak nie.

    Jansen van Rensburg het gesê dat indien Eskom nie aan AfriForum hierdie versekering kan gee nie, ʼn regsproses gevolg sal word. “Ons is reeds besig om voor te berei vir ʼn regsproses indien Eskom teen die belange van betalende inwoners van Frankfort optree,” het hy gesê.

    “Alhoewel daar begrip is vir Eskom se posisie, kan daar nie toegelaat word dat die gemeenskap se regte geskend word nie. Die onbekwame plaaslike politici moet aanspreeklik gehou word, nie die betalende inwoners van die munisipaliteit nie,” het Jansen van Rensburg gesê.

    AfriForum het reeds vroeër vandeesmaand ʼn klag teen die munisipaliteit by die Openbare Beskermer gelê, waarin gevra is dat ondersoek ingestel word na die redes vir die krisis.