Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2010 07 12 – AfriForum sal regstappe oorweeg indien Eskom Vrystaat-dorpe se krag afsny

    AfriForum oorweeg tans regstappe om aktief toe te tree tot die stryd om 11 munisipaliteite in die Vrystaat se ligte aan te hou. Dit volg nadat AfriForum reeds ʼn klagte by die Openbare Beskermer gelê het en gevra het dat ondersoek ingestel word na die redes vir die krisis rondom kragvoorsiening aan die munisipaliteite.

    Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum-woordvoerder oor plaaslike regering, kan Eskom nie die betalende inwoners van die dorpe straf nie, aangesien die huidige situasie aan swak munisipale bestuur te wyte is.

    AfriForum het ʼn skrywe aan sy lede wat in hierdie dorpe woon, gerig, om hulle te versoek om AfriForum te kontak. In die skrywe het AfriForum verder aangedui dat ander inwoners en instansies, soos tehuise vir bejaardes, in hierdie munisipale gebiede ook deur AfriForum ondersteun sal word en dat alle betrokkenes dus met AfriForum in verbinding moet tree. “Ons het soveel as moontlik lede van die gemeenskap nodig om op te staan teen die beplande aksie van Eskom,” het Jansen van Rensburg gesê.

    AfriForum het pas ʼn skakel op sy webwerf (www.afriforum.co.za) bekendgestel: Vrystaat-kragkrisis. Lede van die publiek wat skade kan ly weens die dreigende kragonderbreking kan hulle besonderhede daar invul. Die doel hiervan is om soveel mense moontlik te identifiseer wat negatief deur die staking van elektrisiteit geraak kan word, en namens hulle op te tree.

    “Plaaslike gemeenskappe moet begin saamwerk en die bestuur van hulle plaaslike munisipaliteite tot verantwoording roep,” het Jansen van Rensburg gesê.