Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2010 07 09 – Pretoria naamdispuut lei tot arrestasie van AfriForum Jeug-lede

    AfriForum het sy misnoeë te kenne gegee met die feit dat twee van AfriForum Jeug se lede, Ernst Roets en James Kemp, vanoggend deur die polisie gearresteer is nadat hulle as deel van ʼn vreedsame protesaksie ʼn bord wou plant om buitelanders in Pretoria welkom te heet. Die aksie is geneem na aanleiding van die Tshwane Metroraad se volgehoue pogings om buitelandse besoekers te probeer mislei om te glo dat die hoofstad se naam Tshwane is.

    Geen eiendom of persoon is tydens AfriForum Jeug se vreedsame protesaksie bedreig, beskadig of beseer nie.

    AfriForum het sy steun aan sy jeuglede toegesê en sy regspan dadelik opdrag gegee om die jeuglede by te staan. Na onderhandeling is die jeuglede vrygelaat en beboet. AfriForum het onderneem om vir die boetes en alle regskoste in te staan.

    Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat dit ʼn skande is dat wetstoepassing misbruik word om die leuen dat die stad se naam Tshwane is, te bevorder. “As iemand vervolg moet word, is dit die leiersfigure van die Tshwane Metro wat ten spyte van etlike hofbeslissings teen hulle, voortgaan om valslik voor te gee dat stad se naam Tshwane is. Hierdie selektiewe wetstoepassing ondermyn die beginsel van gelykheid voor die reg,” het Kriel verklaar.

    AfriForum en AfriForum Jeug sal voortgaan om te verseker dat die billike oplossing vir die Pretoria-naamdispuut, naamlik dat die stad se naam Pretoria is en dié van die munisipaliteit, Tshwane, gehandhaaf word.