Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Skenk R10 vir ons veldtogte

SMS die woord "FORUM" na 38655

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Hoe belangrik is Afrikaans as onderrigtaal vir jou?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • 2009 11 14 – Duisende wys hulle steun vir Pretoria se naam by AfriForum-Musiekfees

    Musiekfees 2009 AB skare

    Sowat dertigduisend mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te wys. Dié skare het ʼn Afrikaanse musiekfees by dié monument bygewoon, wat deur AfriForum ter viering van Pretoria se 154ste verjaardag en ter behoud van dié stad se naam gereël is.

    Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw en Fredi Nest tel onder die 22 bekendes wat by AfriForum se musiekfees opgetree het.

    Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat mense baie sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met knaende pogings om Pretoria se naam te verander nie. “Die regering moet hiervan kennis neem en toesien dat pogings om die stad se naam te verander, gestaak word,” het Kriel bygevoeg.

    Die ander sangers wat saam met Steve, Lianie, Elizma, Arno, Bobby, Gerrie, Jakkie en Fredi opgetree het, is: Guillaume, Vaughan Gardiner, Beeskraal, Mel Botes, Adam Tas, Kevin Leo, Ghapi, Andries Botha, Diesel & die Dats, Leon Ferreira, Saarkie, die Bredell Boere-orkes en Zandré. Sean Else het as seremoniemeester opgetree.

    Dit is die derde jaar wat AfriForum die musiekfees aangebied het en die fees groei elke jaar. Verlede jaar se fees ter viering van Pretoria se 153ste verjaarsdag is deur sowat 20 000 mense bygewoon, terwyl die eerste fees in 2007 sowat 10 000 mense gelok het.