Mediaverklarings
« Vorige ItemsVolgende Items »2010 08 18 – AfriForum verwelkom hersiening van Mynwet
Woensdag, 18 Augustus, 2010Die burgerregte-inisiatief, AfriForum, verwelkom die minister van Mynwese se aankondiging dat die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleum-hulpbronne hersien sal word. Dit volg na ʼn aankondiging deur die minister van Mynwese, me Susan Shabangu, by ʼn mediakonferensie die afgelope week.
2010 08 17 – AfriForum Jeug stel onafhanklike ondersoek na Malema-tenders in
Dinsdag, 17 Augustus, 2010[Foto: Beeld] AfriForum Jeug het vandag aangekondig dat hulle ’n onafhanklike ondersoek sal loods na die munisipale tenders wat aan Julius Malema se maatskappy, SGL Engineering Projects, toegeken is. Dit volg nadat die Openbare Beskermer (OB) gister verklaar het dat geen fout met hierdie tenders gevind kon word nie, ten spyte van die feit dat [...]
2010 08 13 – AfriForum-sending na Zim bevind menseregteskendings duur voort terwyl SA regering swyg
Vrydag, 13 Augustus, 2010ʼn Afvaardiging van AfriForum, wat die afgelope week teruggekeer het ná ʼn weeklange feitesending in Zimbabwe, het bevind dat menseregteskendings in Zimbabwe onverpoos voortduur onder die Mugabe-regime, ten spyte van die instelling van ʼn eenheidsregering in dié land. AfriForum se afvaardiging het ook bevind dat die Suid-Afrikaanse regering nie ʼn vinger verroer om Suid-Afrikaanse burgers [...]
2010 08 13 – AfriForum Jeug besoek UV oor rassespanning – Verkla VSR-voorsitter by polisie en rektor
Vrydag, 13 Augustus, 2010AfriForum Jeug het vandag ’n strafregtelike klag van intimidasie teen die voorsitter van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), Moses Masitha, by die polisie ingedien. Tydens ’n besoek aan die UV is ’n klag teen Masitha ook by die UV-rektor, prof. Jonathan Jansen, ingedien en is ’n versoek aan die studentedekaan, [...]
2010 08 12 – Openbare Beskermer se verslag vrywaar nie Nyanda van morele aanspreeklikheid nie
Donderdag, 12 Augustus, 2010AfriForum het in reaksie op die Openbare Beskermer se bevinding oor generaal Siphiwe Nyanda se betrokkenheid by maatskappye wat onregmatig uit Transnet-kontrakte ter waarde van miljoene rande voordeel getrek het, gesê dié bevinding vrywaar Nyanda nie van morele aanspreeklikheid vir onetiese optrede nie. Die feit dat die Openbare Beskermer geen bewyse kon vind dat Nyanda [...]
2010 08 11 – AfriForum sal in hof veg vir mediavryheid
Woensdag, 11 Augustus, 2010Die burgerregte-waghond AfriForum het onderneem om in die howe vir mediavryheid te veg, selfs al sou dit beteken dat dié organisasie die saak tot in die Konstitusionele Hof moet voer. Volgens AfriForum sal die ANC se voorgenome instelling van ʼn media-appèltribunaal en die aanvaarding van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, direk in stryd [...]
2010 08 11 – Oorwinning vir Zim-boere in hof
Woensdag, 11 Augustus, 2010Zimbabwiese boere wat deur AfriForum ondersteun word, het vandag weer ‘n oorwinning in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria behaal, toe die hof bevind het dat die regering van Zimbabwe aanspreeklik is vir die verspilde kostes van ‘n dringende hofaansoek wat verkeerdelik teen die boere en AfriForum gebring is.
2010 08 11 – Mapungubwe bewys gemeenskappe kan ʼn verskil maak
Woensdag, 11 Augustus, 2010AfriForum verwelkom die sluiting van die omstrede Vele-steenkoolmyn wat die toekoms van die Mapungubwe-erfenisgebied in Limpopo bedreig het. Volgens AfriForum se woordvoerder oor omgewingsake, James Kemp, is hierdie ʼn bewys dat gemeenskappe wel ʼn verskil kan maak.
2010 08 05 – AfriForum Jeug oorweeg regstappe teen Krygkor-diskriminasie
Donderdag, 5 Augustus, 2010AfriForum Jeug het vandag in ’n skrywe aan die uitvoerende hoof van Krygkor, mnr. JS Mkwanazi, gesê dat dié burgerregte jeugorganisasie van voorneme is om regstappe teen Krygkor te neem indien Krygkor nie hulle diskriminerende praktyke binne sewe dae stop nie. Dit volg nadat ’n student in ingenieurswese by die Noord-Wes Universiteit en ’n lid [...]
2010 08 03 – AfriForum ontvang toekenning van Zimbabwese lanbou-unie
Dinsdag, 3 Augustus, 2010Die Commercial Farmers’ Union of Zimbabwe (CFU) het gister tydens die organisasie se jaarlikse kongres in Harare, amptelik erkenning gegee aan AfriForum se rol om geregtigheid in Zimbabwe te help verseker. Die erkenning is gegee in die vorm van die CFU se ererol-toekenning wat aan Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Willie Spies, AfriForum [...]
« Vorige ItemsVolgende Items »








