Vrystaat Kragkrisis

Indien u negatief geraak gaan word deur die staking van elektrisiteitsvoorsiening aan u dorp, registreer as inwoner.

Polisie Magsvergrype

As jy onlangs onregmatig gearresteer, of onder magsvergrype van lede van die SAPD, verkeers- of metropolisie deurgeloop het, deel jou ervarings hier met ons.

  • Skenk R10 vir AfriForum se veldtogte

    SMS die woord “FORUM” na 38655.
  • Polls

    Behoort SA kettingwinkels in meer as een taal diens te lewer?

    Bekyk die uitslag

    Loading ... Loading ...
  • Gesels saam op Facebook

  • Mediaverklarings

    « Vorige Items

    2010 07 26 – Nuwe poging deur Zimbabwe om veiling van eiendomme te stop

    Maandag, 26 Julie, 2010

    Die regering van Zimbabwe het hernude pogings aangewend om die veiling van eiendomme wat aan Zimbabwe, geskeduleer vir 27 Julie en 10 Augustus 2010, te keer. Hierdie slag het Zimbabwe egter die Suid-Gautengse Hooggeregshof genader.

    2010 07 23 – AfriForum berei voor vir regsproses teen Eskom

    Vrydag, 23 Julie, 2010

    AfriForum het toegetree tot die stryd om die Mafube-munisipaliteit se elektrisiteit aan te hou. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum-woordvoerder oor plaaslike regering, sal AfriForum namens die gemeenskap van Frankfort optree. AfriForum het gister ʼn skrywe aan Eskom gerig waarin hulle versoek word om die versekering te gee dat hulle nie die kragtoevoer na die [...]

    2010 07 23 – Mynbedrywighede moet volhoubaar wees

    Vrydag, 23 Julie, 2010

    AfriForum sê onverantwoordelike mynbedrywighede en ʼn gebrek aan skakeling tussen die departemente van Minerale- en Energiesake, Omgewingsake en Waterwese is besig om ʼn nasionale krisis te veroorsaak. Dit volg na ʼn voorlegging deur me Mariette Liefferink van die Federasie vir `n volhoubare omgewing aan die parlement se portefeuljekomitee van Waterwese, waarin sy aangevoer het dat [...]

    2010 07 21 – AfriForum sal McBride-aanstelling in hof betwis

    Woensdag, 21 Julie, 2010

    [Foto: Beeld]
    AfriForum het sy regspan opdrag gegee om voor te berei om die moontlike aanstelling van Robert McBride as hoof van die Tshwane-metropolisie in die hof ter syde te laat stel, sou die Tshwane-metroraad besluit om hom aan te stel. Dit volg nadat dit bekend geword het dat McBride op ʼn kortlys van vyf kandidate [...]

    2010 07 21 – Twis oor Tshwane-buskaartjies opgelos

    Woensdag, 21 Julie, 2010

    Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum-woordvoerder oor plaaslike regering, het vandag in ʼn verklaring aangekondig dat die Tshwane-metroraad bevestig het dat buskaartjies wat voor 1 Julie aangekoop is, geldig is. Dit volg na AfriForum die Tshwane-metroraad gedreig het met regstappe indien kaartjiehouers se kaartjies ongeldig verklaar is.

    2010 07 16 – Zim boere slaag vir die derde maal voor SADC-Tribunaal

    Vrydag, 16 Julie, 2010

    Boere in Zimbabwe wat deur die land se grondhervormingsprogram benadeel is, het hulle vir die derde maal suksesvol op die SAOG-Tribunaal in Windhoek, Namibië, beroep.

    2010 07 15 – Afskaffing van spesialis-eenheid deels verantwoordelik vir toename in renosterstropery

    Donderdag, 15 Julie, 2010

    Volgens AfriForum is die afskaffing van spesialis-eenhede in die polisie gedeeltelik verantwoordelik vir die toename in renosterstropery. Die voormalige Bedreigde Spesies Beskermingseenheid is saam met ander spesialiseenhede in die polisie afgeskaf. Volgens mediaberigte is daar vanjaar al 126 renosters gestroop. Dit is reeds ses meer as die totaal van 120 renosters wat in 2009 weens [...]

    2010 07 12 – AfriForum sal regstappe oorweeg indien Eskom Vrystaat-dorpe se krag afsny

    Maandag, 12 Julie, 2010

    AfriForum oorweeg tans regstappe om aktief toe te tree tot die stryd om 11 munisipaliteite in die Vrystaat se ligte aan te hou. Dit volg nadat AfriForum reeds ʼn klagte by die Openbare Beskermer gelê het en gevra het dat ondersoek ingestel word na die redes vir die krisis rondom kragvoorsiening aan die munisipaliteite.

    2010 07 12 – AfriForum wens FIFA geluk met 2010-Wêreldbekertoernooi

    Maandag, 12 Julie, 2010

    AfriForum het FIFA se plaaslike reëlingskomitee en almal wat by die organisering van 2010 se Sokker Wêreldbekertoernooi betrokke was, gelukgewens met die uitnemende wyse waarop die toernooi aangebied is.

    2010 07 09 – Pretoria naamdispuut lei tot arrestasie van AfriForum Jeug-lede

    Vrydag, 9 Julie, 2010

    AfriForum het sy misnoeë te kenne gegee met die feit dat twee van AfriForum Jeug se lede, Ernst Roets en James Kemp, vanoggend deur die polisie gearresteer is nadat hulle as deel van ʼn vreedsame protesaksie ʼn bord wou plant om buitelanders in Pretoria welkom te heet. Die aksie is geneem na aanleiding van die [...]

    « Vorige Items