2012 11 02 – AfriForum ondersoek Limpopo se departement van gesondheid

image

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ʼn aansoek om inligting oor tenders te bekom, by Limpopo se departement van gesondheid ingedien. Dít volg op ʼn nuusberig wat in die The Star-koerant oor moontlike tenderbedrog verskyn het.

Volgens die berig is ʼn tender ter waarde van R200 miljoen aan ’n konsortium van maatskappye toegeken vir die verwydering, behandeling en wegdoening van mediese afval. Die betrokke maatskappye het na bewering sterk politieke verbintenisse en twyfelagtige agtergronde.

Volgens Tiaan Esterhuizen, AfriForum se organiseerder in Limpopo, het die departement tyd tot die einde van Desember om op die aansoek te reageer. Indien die departement versuim om te reageer, sal AfriForum sy regspan opdrag gee om verdere stappe te neem.

“Eerbare sakemanne, wat die werk kan doen, kry nie die tender nie en word van geleenthede ontneem as gevolg van politieke inmenging. Onbetroubare en oneerlike sakemanne en politieke ampsdraers moet vasgevat word as daar ingemeng word by tenders,” sê Esterhuizen.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit