2012 11 01 – Appèlhof bekragtig historiese skikking

ANC Malema AForum 13

Die historiese skikking wat gister tussen die ANC, AfriForum, TLU-SA en Julius Malema in die opspraakwekkende haatspraak-geding bereik is, is vanoggend ’n bevel van die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein gemaak.

Die partye tot die veelbesproke geding teen Julius Malema het gister ’n verrassende skikking aan die media bekendgestel waarkragtens die ANC en Malema erken dat die lirieke van sekere “struggle”-liedjies kwetsend is. Die ANC en Malema het ook onderneem om hulle ondersteuners en leiers aan te moedig om hulle te weerhou van die gebruik van lirieke wat as kwetsend ervaar kan word.

Die partye het hulle ook verbind tot volgehoue formele dialoog met die oog op beter begrip vir die onderskeie kulturele erfenisse en aspirasies van kultuurgroepe in die land.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit