2012 10 26 – 75-Jaar Afrikaanse Radio: AfriForum wens RSG geluk

75

AfriForum het die bestuur en personeel van RSG hartlik gelukgewens met die 75ste verjaarsdag van Afrikaanse radio wat vandag herdenk word. Dit is ʼn besondere mylpaal vir die radiowese en Afrikaans, wat met groot erkenning aan die opoffering en insette van geslagte omroepers en bestuurslede gevier word.

Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, wil dié burgerregte-organisasie RSG graag bedank vir alles wat gedoen word om Afrikaanse luisteraars ingelig te hou en te vermaak, asook om Afrikaans as taal te bevorder en dinamies te laat groei. “Vir 75-jaar was die radiostasie deel van Afrikaanse huishoudings. Dit was die kanaal waardeur die publiek voor die koms van televisie historiese gebeure soos die eerste hartoorplanting en die maanlanding kon beleef asof hulle self daar was. AfriForum se verjaarsdagwens is dat die toekoms vir Afrikaanse radio net so voorspoedig mag wees,” het sy gesê.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit