2012 10 24 – Gebrek aan swart gegradueerdes in mediese beroepe dui op dieper probleem

image

AfriForum Jeug het vandag gesê dat die aantal van spesifiek swart dokters wat nie in verhouding is met die aantal wat as eerstejaars tot mediese skole toegelaat word nie, op ʼn veel dieper probleem dui wat regstellendeaksiemaatreëls betref.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gister sy kommer uitgespreek dat die teiken vir die aantal swart gegradueerdes met skaars mediese vaardighede nie behaal word nie, ongeag die departement se subsidies.

“Eerstens moet die teiken nie op ras gebaseer word nie en tweedens moet Nzimande eerder belê in die potensiaal van studente wat uit swak sosio-ekonomiese toestande kom deur middel van oorbruggingskursusse en kwaliteit skoolonderrig in plattelandse gebiede. Die hoë druipsyfer onder veral swart studente kan aan die obsessie met ras wat daarna lei dat studente streng volgens rasseteikens toegelaat word, toegeskryf word. Dit is omdat ʼn swart student se toelating belangriker geword het as die belegging om daardie student te ontwikkel om sodoende op ʼn gelyke voet op grond van meriete te kan meeding,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

“’n Kopskuif moet gemaak word oor die verteenwoordiging van swart studente in sekere beroepsrigtings. Dit moet verander van die stel van eendimensionele rasseteikens na die volhoubare ontwikkeling van studente volgens sosio-ekonomiese status, ongeag hulle ras.”

AfriForum Jeug verteenwoordig deurentyd veral top wit studente wat ongeag meriete nie die geleentheid gegun word om gesondheidswetenskappe te studeer nie.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit