2012 10 23 – AfriForum gaan kundiges nader om Zuma se grondplan te beoordeel

image

AfriForum gaan ’n taakspan van regskundiges, ekonome en landboukundiges aanstel om president Zuma se nuutste voorstelle oor grondhervorming te bestudeer. Volgens AfriForum se woordvoerder oor ekonomiese sake, Cornelius Jansen van Rensburg, behoort pres. Zuma se voorstelle met die nodige omsigtigheid geëvalueer te word.

Volgens Jansen van Rensburg is die groenskrif oor grondhervorming steeds die regering se formele wetgewende oorweging. As die president ernstig is oor sy nuutste voorstelle, behoort die groenskrif eers onttrek te word aangesien dit wantroue tussen die regering en grondeienaars skep.

Alhoewel Zuma se voorstel ’n innoverende idee is, kan dit wesenlike risiko’s vir grondeienaars en die land inhou. Die regering behoort wyer te fokus om die korrupsie in die hervormingsproses te takel en ook om grond, wat reeds oorgedra is, in produksie te kry.

Die vraag bly staan of grondbesit by die staat of by die nuwe eienaars gaan berus.  Die groot vraag bly of die staat of die nuwe eienaars grondbesit gaan hê. Tans verkry bitter min swart gemeenskappe en individue eienaarskap. Die voorstel kan Suid-Afrikaners se grondbesit drasties inperk.

“AfriForum se versigtigheid oor die nuutste grondvoorstel spruit voort uit die moontlikheid dat die voorstel gebruik kan word om grondeienaars te verdeel. Ervaring bewys dat die ANC geneig is om ooreenkomste verbreek wat mense met hulle aangegaan het en daarom is dit nodig om pres. Zuma se voorstel deeglik te oorweeg,” het Jansen van Rensburg gesê.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit