2012 10 03 – AfriForum nader hooggeregshof om korrupsie-verslae van munisipaliteit te verkry

Boeke

AfriForum sal op 25 Oktober die Durban-hooggeregshof nader vir ʼn bevel om die eThekwini-munisipaliteit te dwing om redes waarom die burgerregte-organisasie se versoek vir toegang tot die Manase en Ngubane forensiese verslae geweier het. In dié verslae word talle gevalle van korrupsie binne die munisipaliteit uitgewys.

“Munisipaliteite in Suid-Afrika is nie bekend daarvoor dat hulle ʼn kultuur van aanspreeklikheid vir oortredings bevorder nie. As ons hierdie verslae het, kan ons nagaan of die meer as 160 oortreders vir hulle aksies aanspreeklik gehou word en indien nie, kan ons aksie neem om dit reg te stel,” het Ivan Herselman, woordvoerder vir AfriForum in KwaZulu-Natal, gesê.

Sodra die verslae ontvang word, sal AfriForum die vordering van alle dissiplinêre verhore en ondersoeke dophou.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit