2012 09 27 – AfriForum tree tot Pelgrimsrus stryd toe

[Foto: www.timeslive.co.za]

Die burgerregte-organisasie AfriForum tree as eerste applikant tot die hofstryd toe om verskeie staatsdepartemente, onder meer die Mpumalanga departement van openbare werke, paaie en vervoer, deur middel van ‘n interdik te dwing om ʼn rehabilitasieplan aan AfriForum, verskeie besigheidseienaars en die hof te verskaf vir die instandhouding van Pelgrimsrus, asook om dié museumdorpie te laat opgradeer vanaf ʼn provinsiale erfenisterrein na ʼn nasionale erfenisterrein.

Die hofstukke is reeds opgestel en sal binnekort op die betrokke staatsdepartemente beteken word.

“Dit is baie teleurstellend dat gemeenskappe toenemend gedwing word om die hof te nader om die staat te dwing om hul pligte na te kom,” sê Ivan Herselman, AfriForum se organiseerder vir Mpumalanga.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit