2012 09 20 – AfriForum skepties oor akkuraatheid van misdaadstatistieke

image

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die bekendstelling van die misdaadstatistieke vir 2011/12 met gemengde gevoelens en skeptisisme ontvang. Die daling in die aantal kontakmisdade is ʼn welkome verligting en AfriForum verbind dit direk met die styging in gemeenskapsbetrokkenheid in die geveg teen misdaad. ʼn Afname van 11,9% vir kapings kan ook aandui dat mense meer ingelig raak en beter stappe teen kapings neem. Gemeenskapspatrollies en -kommunikasie het die afgelope 12 maande baie verbeter en waaksame burgers kon tot ʼn groot persentasie van dié afname bygedra het.

Dit mag waar wees dat die statistieke aangemelde misdaad weergee, maar dis ook ʼn feit dat sekere polisiestasies in baie gevalle versuim om dossiere oop te maak en alle moontlike klagtes wat teen die oortreders gelê kon word, by te voeg om die werklike misdaadprentjie te verbloem. Volgens Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het AfriForum-lede die afgelope maande bitterlik hieroor gekla.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit