AfriForum plant vandag tien bome by die Voortrekkermonument as simbool van die belangrikheid van erfenis.
Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake is bome nie net noodsaaklik vir lewe nie, maar vorm dit ook deel van ons erfenis en voeg dit waarde toe tot daardie erfenis. “Plant ’n boom om ’n belangrike gebeurtenis te herdenk. So is dit byvoorbeeld die ideale geleentheid om ’n boom te plant ter viering van ’n kind se geboorte en om op dié manier die kind se erfenis te vestig,” het Kleynhans bygevoeg. In die jare wat voorlê, sal die boom ’n gepaste herdenking van die dag wees en vir die generasies wat die boom sal sien leef sal dit die nalatenskap wees van diegene met wie die historiese gebeurtenis, wat die boom herdenk, verbind word,” het Kleynhans gesê.
AfriForum moedig elke mens aan om te begin bome plant. “Die lewe is ’n wonderlike gawe en wat kan ’n beter bydrae tot lewe maak as ’n boom!”, het Kleynhans bygevoeg.
AfriForum sal karee-, bergkaree-, oliewenhout- en wildeperskebome, asook deurmekaarbos by die Monument plant.
Besonderhede is soos volg:
Plek: Beeldetuin, Voortrekkermonument
Tyd: 9:00













